Hessequa Mediese Sentrum goed vir Suid-Kaap ekonomie
Thursday, 17 October 2013, 05:30
Die Hessequa Mediese Sentrum sal met asemrowende uitsigte spog.
SUID-KAAP SAKE NUUS - Eiendomsontwikkelaar Nico Viljoen het op 3 Oktober begin met die bou van 'n 3 000m2 drievlak mediese sentrum in Stilbaai-Oos - 'n prima A perseel met 'n onbelemmerde seeuitsig en boonop loopafstand van die gewilde Lappiesbaai Blouvlag swemstrand.
Viljoen is die lisensiehouer van die Akute en Sub-Akute hospitaallisensies in Stilbaai, soos reeds goedgekeur deur die Departement van Gesondheid.
Hessequa-munisipaliteit het die bouplanne van die Hessequa Dienssentrum op 4 September goedgekeur en alle sonerings en regte is ook in plek. Daar is 231 parkeerplekke gevestig en die infrastruktuur (water, elektrisiteit, riool, Telkom en stormwater) is reeds voltooi en oorhandig aan die Hessequa-munisipaliteit.
Viljoen is baie opgewonde om hierdie mediese sentrum by Stilbaai Duine-ontwikkeling te vestig en vertrou dat hierdie projek 'n groot ekonomiese inspuiting vir die hele Hessequa Streek en Stilbaai sal beteken. Hierdie fasiliteit sal toeganklik wees vir alle Suid-Kaapse inwoners.
Vir navrae kontak gerus Nico Viljoen by 082 820 4366.
'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'
Posted on: 05:30 Thu, 17 October 2013
Your Comments
Confirmed Covid-19 cases in Garden Route District: