PMR is ‘n organisasie wat jaarliks aan toonaangewende maatskappye toekennings gee vir die handhawing van die hoogste standaarde en norme. Dit word toegeken ná deeglike navorsing oor die firma se operasionele bestuur, stra-tegiese bestuur en innovasie sowel as deur middel van onderhoude.
Hartman het die Diamond Arrow-toekenning ontvang tydens ‘n ontbyt by Hyatt Regency Oubaai. Tydens ‘n onderhoud met die George Herald het die besturende direkteur, Andries Hartman, aangedui dat hy dit as ‘n positiewe erkenning beskou vir sy maatskappy se bydrae tot die ekonomie van George. Ook as ‘n bevestiging van die topkwaliteit-produkte en handhawing van puik diensle-wering. Die organisasie bestaan uit twee kleinhandelstakke naamlik Hartman (Knysnaweg 66, telefoon 044 871 2297) en Cash Cuts (Hiberniastraat 45), albei in George, en ‘n fabriek sowel as slagpale in Laingsburg.
Franschhoek-sjefs
Hartman is reeds jare die voorkeurverskaffers van top-vleissnitte aan vyfsterhotelle en vooraanstaande restaurante. Toe Darren Roberts, Fancourt se voormalige sjef en tans restaurateur Franschhoek toe ver-
huis, het hy besluit hy wil nog steeds net Hartman se vleis gebruik. ‘n Hele paar restaurateurs het sy voorbeeld gevolg. Tans is Hartman die mees gesogte vleisverskaffer aan Franschhoek wat allerweë be-kendstaan as die fynproe-werhoofstad van die land. Beter erkenning kan ‘n mens nie kry nie.
Geglasuurde hamme, gerookte produkte en 'n smulverskeidenheid van geregte is nou op spesiale aanbieding verkrygbaar. Lesers word genooi om van Hartman se 21ste verjaarsdagaanbiedings gebruik te maak, ook vir Kersfees en jaareindfunksies. Hulle verskaf ‘n verskeidenheid van snoephappieborde.
.jpg)
Die personeel van Hartman Slaghuis in Knysnaweg saam met die smulverskeidenheid van geregte.