Die kompetisie is deur die Garden Route Mall en South Cape Auto aangebied.
Kliënte van die Garden Route Mall kon vanaf 1 April tot 31 Julie vir hierdie kompetisie inskryf deur R200 by enige winkel te spandeer.
Volgens die Mall-bestuur was daar ‘n ongelooflike 20 952 inskrywings.
Die Garden Route Mall het Elandré Moore en Tania Redpath van South Cape Auto vir hul jarelange ondersteuning en vennootskap bedank.
Pryse vir winkels
Tydens die oggend se feestelikheid het die Mall ook R5 000 in pryse aan winkels gegee wat die dryfveer agter die kompetisie was.
Hulle sluit in Home etc, Mia, Ginger Lili, Green Cross, Fruit & Veg, Ocean Basket en Tsonga.
.jpg)
Kyk net al die inskrywings! Van links is Yolandi Matthee, Beatrice Kapank, Ike Gelderbloem, Sabina Abrahams, Tania Redpath, Michelle Pretorius (wenner), Rion Olivier (sentrumbestuurder) en Lucinda Majolla.