Die naam 'Enon' is afgelei van die woord 'enonconglom' - 'n baie harde sandsteen wat bydra tot die kwaliteit van die produkte. Die maatskappy beskik oor 'n moderne afleweringsvloot en lewer af oor die hele Suid-Kaap. Sementspesialis Stefan Wittmann se kennis steun die maatskappy se leuse, 'Ons kwaliteit ... jou trots'.
Voordele van Enonbrick:
Hulle produkte is geskik vir die plavei van paaie, interseksies en inritte asook die bou van huise en keermure. Die boublokke kan gebruik word vir die konstruksie van laekostebehuising, store en fabrieke en is maklik om te hanteer. Al Enonbrick se produkte is uiters duursaam en vereis minimale onderhoud.
Hulle vervaardig die volgende reeks sementprodukte: bevel-, interlock-, hexagon- en tradisionele plaveistene; pleisterstene; sierstene; boublokke en keerblokke (retaining blocks). Al hierdie produkte is beskikbaar in 'n verskeidenheid van kleure en teksture en druksterktes volgens die kliënt se behoefte. Vooraf gegote randstene word ook vervaardig.
Enonbrick se produkte is 'n voorkeurproduk in die boubedryf.
Skakel die kantoor by 044 695 0539 of Eugene Theron by 082 417 8378.
Besoek ook die webtuiste by www.transand.net.

Die maatskappy beskik oor 'n moderne afleweringsvloot.