Hy het verwys na faktore wat die ekonomie negatief raak, waaronder buitelandse kapitaaluitvoer wat die land kwesbaar maak, staatsondernemings wat nie winsgewend bedryf word nie, arbeidsonrus, beurtkrag en regeringskuld.
Dit dra by tot 'n ekonomiese omgewing van onsekerheid wat verhoed dat die privaatsektor, waarvan die balansstaat R700 miljard bedra, nie bereid is om te belê nie. Dit knel ekonomiese groei, wat noodsaaklik is om die land vorentoe te neem.
Hy het verder gesê waagmoedige entrepreneurs moet verwelkom en ondersteun word, ongeag wat hul ras of klas is. "Ons kan nie die ekonomie baseer op populistiese uitsprake nie, maar dit moet op sterk boustene soos goeie onderwys, dienslewering en menslike kapasiteit gevestig word."
Lees volgende week meer in die George Herald, of aanlyn.
