Advertorial
GEORGE NUUS - Walk in Doctor & Dentist is baie opgewonde oor die feit dat hulle nou kan spog met die dienste van 'n dokter met die kaliber van dr. Piet Theron.
Dr. Theron het die graad MBChB in 1971 aan die Universiteit van Stellenbosch behaal.
Hierna volg die graad MFam Med (meesters in familiegeneeskunde) aan dieselfde universiteit in 1996 asook die voltooiing van 'n kursus in Diabetes Mellitus.
In 2000 voltooi hy die reisgeneeskunde-kursus met groot sukses en bestuur die Travel Doctor Africa-kliniek vanaf 2000 tot Junie 2017 in George, asook ‘n algemene praktyk.
Dr. Theron woon jaarliks talle opknappingskursusse en seminare by om op hoogte van die beroep te bly.
Loopbaan
Hy het ‘n luisterryke loopbaan gehad en praktiseer vir agt jaar in Oos-Londen as huisarts in privaat praktyk.
In 1980 verhuis dr. Theron na George en dien die gemeenskap vir 37 jaar as algemene praktisyn in privaat praktyk tot Junie 2017.
Hy dien ook sedert 2013 as verkose lid op die raad van die Mediese Vereniging van Suid-Afrika vir die streek.
Dr. Theron sluit hom nou aan by die groep geneeshere van Walk in Doctor & Dentist.
Hy beskou dit as 'n nuwe geleentheid om sy diens aan die publiek te kan voortsit.
"Ek wil baie graag steeds my passie vir medisyne uitleef en my jare lange kennis en ervaring in die gemeenskap terugploeg," sê hy.
Marius van Huyssteen, direkteur van Walk in Doctor & Dentist het dr. Theron hartlik verwelkom.
"Dit is 'n voorreg om dr. Theron in ons professionele span te hê waar ons filosofie van uitmuntende dienslewering die wese van ons kultuur uitmaak."
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'