Sponsored Content
GEORGE NUUS - Elke keer as jy die internet en / of sosiale media oopmaak, of selfs 'n nuwe toep aflaai, laat jy 'n digitale voetspoor na. Hierdie digitale voetspoor het 'n direkte invloed op ons regsposisie, aangesien die internet en sy toepassing wêreldwyd is, maar wetgewing wat jou privaatheid in die publieke sfeer beskerm, tot plaaslik beperk is.
Lees gerus verder op ons blog, www.rgprok.co.za/blog of kontak ons by office@rgprok.com sou u enige verdere inligting benodig.
Die internet, spesifiek sosiale media, het ‘n dramatiese ontwikkeling ondergaan in die afgelope 20 jaar.
Hierdie ontwikkeling speel nou ‘n geweldig belangrike rol in beide ons professionele en persoonlike lewens, met sekere aspekte van die ontwikkeling wat voordelig of riskant kan wees, maar altyd relevant.
Elke keer wanneer jy jou internetblaaier en sosiale media oopmaak, of selfs 'n nuwe toep aflaai, laat jy 'n digitale voetspoor agter. Hierdie digitale voetspoor het 'n direkte invloed op ons regsposisie aangesien die internet wêreldwyd is, maar privaatheidswetgewing is nie.
'n Digitale voetspoor kan gedefinieer word as 'die rekord en spore wat ons agterlaat soos wat ons die internet gebruik’. So ‘n digitale voetspoor het 'n direkte invloed op 'n persoon se reputasie en selfs kredietgradering sonder dat hy/sy dit besef.
Enige plasing, kommentaar of die “share” van 'n plasing word onmiddelik deel van jou digitale voetspoor. Afbrekende, lasterlike, rassistiese en ander onwelvoeglike stellings kan gevolge hê.
Mense is geneig om in die hitte van die oomblik kommentaar te lewer sonder om hul optrede te oorweeg omrede hulle in 'n vals gevoel van familiariteit en kameraadskap glo, wat deur sosiale media geskep word.
Dit is egter nie die geval nie en elke plasing, kommentaar en “share” van 'n plasing kan 'n negatiewe uitwerking op 'n persoon se lewe hê, indien so ‘n plasing neig na onregmatigheid.
Die reg op privaatheid en die reg op vryheid van uitdrukking is vervat in die Suid-Afrikaanse Grondwet. Hierdie regte dien 'n dubbele doel, aangesien dit die reg aan persone gee om hulself vrylik uit te druk, maar ook die regte van ander persone definieer en beskerm om te verhoed dat sodanige regte nie geskend word nie. Dit kan die beste geïllustreer word deur die beginsel van laster te gebruik.
Laster is die mondelingse of skriftelike meedeling van 'n vals stelling / verklaring oor 'n ander wat hul reputasie onregmatig benadeel en is is baie gevalle nou verbind aan ons digitale voetspoor.
Met die ontwikkeling van sosiale media was dit nodig om wetgewing tot so mate uit te brei dat dit as hulp kon dien aan slagoffers van lasterlike plasings. In hierdie moderne dag en tyd is dit in wese baie makliker om aantygings van laster te bewys aangesien alles wat op sosiale media of op die internet geplaas word, deel vorm van ons digitale voetspoor, selfs al word die plasing verwyder.
Die afgelope paar jaar was daar verskeie Suid-Afrikaanse sake waar lasterlike uitsprake gemaak is, wat selfs as rassisties beskou kan word. HHhHHHHHHHHhhikujhbdghierdie plasings is deur die skrywers daarvan verwyder, maar helaas, nadat die plasing gedoen is en dit die digitale ruimte ingegaan het, is dit byna onmoontlik om die spoor uit te wis.
Deur jouself skuldig te maak aan so ‘n oortreding en 'n verklaring voor te hou as waar, sonder dat dit waar is, kan tot regsimplikasies vir jouself lei.
Onthou altyd om te onderskei tussen u eie mening en 'n feit, om die feite te verifieer EN OM TE DINK VOOR U PLAAS.
Vir verdere inligting kontak gerus een van ons professionele staf by office@rgprok.com.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'