Advertorial
GEORGE SAKE-NUUS - De Jagers Uitrusters se George-tak het pas sy interieur opgeknap vir 'n vars voorkoms wat 'n nog beter inkopie-ervaring aan sy klante verseker.
"Die matte is vervang met teëls en die aanpaskamers, toonbank en plafonne is nuut oorgedoen. Ons het gevoel dis tyd vir 'n nuwe baadjie en bietjie modernisering, maar sonder om ons outydse waardes prys te gee," sê Francois Gerber, takbestuurder. "Ons uitgangspunt bly grootste verskeidenheid, beste produk, beste gehalte en beste prys, asook persoonlike diens."
George was die vierde tak van die 31 De Jagers-takke wat gevestig is en vier vanjaar 27 jaar in besigheid. Die tak is die afgelope 16 jaar onder Gerber se bestuur, wat al 25 jaar daar werk. Gerber is 'n ou bekende gesig in die George-gemeenskap en De Jagers se hoofkantoor beskou hom as van die onderneming se mees passievolle winkelbestuurders vir wie klantediens altyd topprioriteit is.
Toe Japie de Jager sy eerste winkel 64 jaar gelede in 1955 op Worcester oopmaak, was dit net 'n mansuitrusters. Vandag nog is die grootste deel van De Jagers op mans gemik met 'n omvangryke reeks formele drag en pakke, en 'n wye keuse wat betref sport- en informele drag, skoene en bykomstighede. Van die tophandelsname soos Polo, Wrangler, Columbia en Levi word aangehou.
Die winkel voor die opknappings begin het.
Hakiesdraad, 'n gewilde reeks T-hemde met pittige Afrikaanse gesegdes, is ook eksklusief by De Jagers beskikbaar.
Verder is Jacob, hul eie reeks chino-kortbroeke en -denims ook deesdae op die rakke. Dit bied uitstekende kwaliteit en gemak teen billike pryse. Goedkoper reekse is ook beskikbaar sodat 'n diens aan mense oor 'n groter spektrum gelewer kan word.
'n Paar jaar gelede het De Jagers vir die vroulike geslag begin voorsiening maak met 'n keur van T-hemde, rokke, sandale, skoene en denims.
'n Kinderafdeling is ook bygevoeg en hierdie twee onderafdelings toon konstante groei. Skooldrag is 'n belangrike komponent van die besigheid en al die skole in George word gediens.
Adres: Hiberniastaat 14
Tel: 044 874 2224
Die vriendelike personeel van die De Jagers George-tak, van links, agter: Ralph Botha (onderbe-stuurder), Leonie Oosthuizen, Francois Gerber (takbestuurder) en Myron Scheepers. Voor: Gillian von Beulen, Kathleen Cupido, Berenice Oelf en Elroy Magerman.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'