Advertorial Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Ongeveer 90 lede van buurtwagte in George het op Saterdag 5 Maart 'n inligtingsessie bygewoon, waar hulle waardevolle wenke en inligting ontvang het om hul hande te versterk om ons woonbuurte veiliger te maak.
Die geleentheid is geborg deur Seal Security en On Target Professional Firearms Training Academy and Shooting Range wat ervare instrukteurs vir die dag verskaf het.
Die dag was 'n groot sukses. Seal Security se algemene bestuurder, Arnold Boshoff, het gesê as een persoon se lewe gered kan word deur hierdie opleiding, het hulle in hul doel geslaag.
FOTOGALERY: Buurtwagte leer van instrukteurs
"Buurtwaglede is meestal eerste op 'n toneel en hulle waag dikwels hul lewens. og het hulle geen opleiding nie. Deur middel van hierdie opleiding wil ons dit vir hulle veiliger maak, veral aangesien daar in die afgelope tyd 'n paar insidente was waar skollies buurtwaglede aangeval het. Die breër gemeenskap baat natuurlik ook as ons buurtwagte goed opgelei is. Hierdie is Seal Security en On Target se manier om nog 'n bydrae tot ons gemeenskap te maak.
"Boshoff sê hulle beoog om die sessies op 'n deurlopende basis aan te bied om meer buurtwagte betrokke te maak. Die deelnemers het opleiding in basiese eerstehulp en brandweervaardigheid gekry, selfverdedigingstegnieke aangeleer, en is gewys hoe om 'n verdagte voertuig of gevaarlike persoon op 'n veilige manier te nader. Verder is opleiding in regsaspekte aangebied wat noodsaaklik is in die uitvoering van take soos arrestasies en deursoeking."
Boshoff, wat vir dekades aan die SAPD verbonde was voordat hy tot die privaat sektor toegetree het, het 'n passie vir die bedryf net soos Dawie van Rooyen, eienaar van On Target.
Seal Security
Seal Security bestaan al meer as drie jaar en is hoog aangeskrewe en vinnigste groeiende sekuriteitsmaatskappy in die bedryf.
Die maatskappy is passiegedrewe en beskik oor wye kennis en agtergrond van sekuriteit in verskeie sektore insluitend die korporatiewe wêreld, kleinhandel, industriële sektor, landgoedere, sekerheidskomplekse, landbou en bosbou.
Seal Security bied ook professionele beskermingsdienste aan vir spesiale geleenthede. Hulle doen risiko-assessering, ondersoeke en voertuigopsporing.
VIDEO: Inligtingsessie vir buurtwaglede:
Skakel Seal Security by 044 050 3701 vir meer inligting of besoek Seal Security se kantoor te Merrimanstraat 140.
On Target
On Target is 'n professionele geakkrediteerde fasiliteit wat kwaliteit opleiding wapenhantering aanbied. "Ons poog om bevoegde en verantwoordelike wapengebruikers op te lei.
Ons verskaf basiese en gevorderde opleiding, bied werksessies en pretskietgeleenthede aan en lei ook kinders op. Ons fasiliteite is ook vir gebruik deur skietklubs," sê Van Rooyen.
On Target se instrukteurs is ervare, geregistreerde en gekwalifiseerde persone. Goed toegeruste fasiliteite vir die verskillende aspekte van wapenopleiding is beskikbaar. Skakel Dawie van Rooyen by 083 261 2893. On Target is geleë op die R102 net buite George.
Buurtwaglede leer waardevolle inligting oor hoe om 'n verdagte te nader, asook oor wetlike aspekte om in gedagte te hou in die uitvoering van hul taak. Foto's: Alida de Beer
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'