Advertorial
STILBAAI NUUS - Die perseel van Ellenrust in Stilbaai, die splinternuwe leefstyloord, is sedert Mei 'n miernes van boubedrywighede.
Petro de Jager, projekbemarker, sê die bouers het begin om ses van die sewe ontwerpe in fase een te bou.
"Hulle is tans met fase 1 besig. Die projek word in drie fases gebou en 128 enkeltitel-erwe is beskikbaar. Slegs fase een se erwe is tans beskikbaar. Die eerste deel van die gesondheidsorgsentrum word ook in fase 1 gebou."
De Jager sê die kwaliteit werk wat die bouers lewer is van die hoogste gehalte en die kun-diges is vreeslik beïndruk met die fondasies wat gelê is en die besonderse netjiese bouterrein.
"Alles word op 'n skoon en netjiese manier gedoen."
Volgens haar is hulle ook reeds besig om 'n ClearVu-heining van ongeveer 1 kilometer reg rondom die perseel op te rig.
"Bo-op die heining word daar ook vier elektriese drade vir bykomende sekuriteit opgerig. Stilbaai is 'n ongelooflike veilige dorp, maar ons wil graag hê ons inwoners moet ekstra veilig in hulle huise voel. Daar sal daar ook 24 uur sekerheidswagte wees wat toegangsbeheer by die hoofingang sal toepas. Sodra die eerste inwoners van Ellenrust intrek sal die hekwag reeds aan diens wees."
De Jager sê ook hulle verwag die eerste intrekkers einde Oktober.
"Dit is ongelooflik om te sien hoe die bouproses vorder en mense van buite sal die vordering kan sien en 'n goeie idee hê van hoe die terrein gaan lyk."
Volgens haar sal die biblioteek, kombuis, administrasiekantoor, ontspanning- en eetsaal in die tweede fase gebou word. Tydens die laaste fase sal die gesondheidsorgsentrum voltooi word.
Belangstellendes kan Petro de Jager by 066 354 0183 kontak of die webtuiste by www.ellenrust.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'