GEORGE-NUUS - Opwindende avontuurkampe vir hoërskoolleerders word hierdie vakansie by TBI Adventures Training Centre naby Oudtshoorn aangebied.
Hierdie terrein met sy watervalle, wilde grotte, rotskranse, damme en staproetes wat grens aan ‘n wêrelderfenisgebied, word allerweë as die mees geskikte omgewing vir avontuuropleiding in Suid-Afrika beskou. Leerders neem deel aan karakter bouende aktiwiteite soos hoëtoubaan, waterval-abseil, kayak-roei, voetslaan, rotsklim en grotkruip in asemrowende grotte.
Tydens die spanbougedeelte van die kamp sal TBI Adventures se unieke metodologie wat bekend staan as AEL (Avontuurgerigte Ervaringsleer) asook die kragtige effek van ‘n hoëtoubaan ervaar word. "Adventure related experiential learning is a process through which a learner constructs know-ledge, skill and value from direct adventure-related experiences and in-depth reflection." (Heunis 1997).
Die kampe duur vyf dae en vyf nagte. Leerders word gehuisves in ‘n rustige ou plaashuis en drie gesonde maaltye per dag word voorsien. Kinders word aangeraai om hulle musiekinstrumente saam te bring vir ‘n heerlike kuier saans om die kaggel-vuur.
Die eienaars van TBI Adventures, Mike Lombard en Johan Uys, sal self as fasiliteerders optree. Beide het geweldig baie ervaring en word beskou as kenners op hul onderskeie gebiede.
Die eerste kamp begin op 17 Junie en die laaste een op 7 Julie. Belangstellendes word aangeraai om so gou moontlik te bespreek aangesien die kampe beperk word tot 20 persone per kamp. Moenie hierdie besonderse geleentheid misloop nie.
www.tbiadventures.co.za
044 272 6696
info@tbiadventures.co.za.