Gallery Video
SUID-KAAP NUUS EN VIDEO - Besigheidsvroue het die eerste netwerkbyeenkoms wat vandag (Maandag 11 September) deur Women for Business by Oubaai Hotel aangebied is, as insiggewend en uiters waardevol beskryf.
Dit is die loodsbyeenkoms van netwerkgeleenthede wat Women for Business beoog om ten minste kwartaalliks vir sakevroue in die groter Suid-Kaap aan te bied.
Twee uiters kundige sprekers, Ezilda Becker, onder meer die eienaar van die glanstydskrif De Kat en uivoerende vervaardiger van De Kat TV, en Annelien Pienaar, koskenner, kok en skrywer, het hul kundigheid en insig met die vroue, wat die konferensiesaal volgepak het, gedeel.
Ezilda het die besigheidsvroue ook bemagtig met template van 'n besigheidsplan wat hulle kan gebruik om die idee vir 'n nuwe besigheid wat hulle mag hê, 'n werklikheid te maak.
Die voorsitter van Women for Business, Elsie Harmse, het haar span wat hierdie inisiatief verder gaan neem, bekendgestel en vroue wat in besigheid betrokke is genooi om toekomstige byeenkomste by te woon.
"Die sprekers wat by die loodsbyeenkoms opgetree het, het die standaard baie hoog gestel, ons kan net uitsien na toekomstige byeenkomste," het een van die sakevroue opgemerk.
Kyk 'n video hieronder.
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER-NUUSREDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'