Ongeveer 30 boere, onder wie ook 'n klompie van Thembalethu, wat almal reeds 'n klein aantal korwe het, het 'n paar dae ná die vergadering besluit om amptelik aansoek te doen vir hulp van die departement.
Suksesvolle aansoekers sal onder meer korwe en ander benodigdhede ontvang en hulle sal opleiding ontvang. Die departement het reeds net meer as 20 byeboere in die Eden-distrik deur middel van ontwikkelingsbystand onder sy vlerk geneem wat suksesvol boer.
Volgens Aldred Kafoen, een van die Blanco-byeboere, haal hulle heuning van 'n hoogstaande gehalte uit, maar kan hulle op hierdie stadium slegs aan vriende en familie lewer. Hulle boerdery word gekortwiek deur vandale en diewe wat die korwe leeg steel en selfs aan die brand steek.
Japie Hollander het gesê hulle het almal 'n passie vir bye en hulle wil graag uitbrei en behoorlik op die been kom.
Die groep gaan nou die George-munisipa-liteit en Kaapse Natuurbewaring nader om amptelike toestemming te verkry vir korwe wat op dié owerhede se grond staan, een van die voorwaardes vir ontwikkelingshulp van die departement.
Die vergadering is ook bygewoon deur Lelanie Ferreira en Rian Venter, geregistreerde byeboere van die Wes-Kaap Byevereniging.
Volgens bykenner Clay Whittle, begin die byebevolking in die Suid-Kaap nou eers herstel van die impak van die droogte in 2009 en 2010.
Van die byeboere wat die vergadering bygewoon het. Foto: Alida de Beer
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'