GEORGE NUUS - Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, het verlede Woensdag, 1 Junie, 'n glasie melk by die Outeniqua-proefplaas "geklink" om Wêreldsuiweldag te vier.
Die dag is in 2001 deur die Voedsel-en-landbouorganisasie (VLO) van die Verenigde Nasies gevestig om die belangrikheid van melk as voedsel te beklemtoon.
Dit word ook gesien as 'n geleentheid om die aktiwiteite van die suiwelbedryf onder die aandag van die publiek te bring.
Terwyl die getal melkprodusente met 46% van Januarie 2015 tot Januarie 2022 verminder het, het melkproduksie met 7,2% vermeerder.
Luidens 'n verklaring van die Wes-Kaapse departement van landbou is die Wes-Kaap die tuiste van 33% van die melkprodusente in Suid-Afrika. Hulle is verantwoordelik vir 30,6% van Suid-Afrika se vars melkproduksie.
Daniel Johnson, woordvoerder van Meyer, het Maandag gesê die minister beskou die suiwelbedryf as belangrik in Suid-Afrika.
Plaaslik verskaf dit werk en dit lewer ook 'n belangrike bydrae tot die plaaslike ekonomie.
Een van die koeie by die Outeniqua-proefplaas.
Dr. Robin Meeske, (links) hoof van die Outeniqua-proefplaas en dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou.
Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, drink 'n glasie melk by die Outeniqua-proefplaas om Wêreldsuiweldag te vier.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'