Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die organiseerders van die George Landbouskou glimlag breed oor 'n rekordopkoms na die 158ste skou.
Volgens Susan Willemse, skoukoördineerder, is daar reeds teen vanoggend tienuur meer skougangers as verlede jaar deur die hekke. Die weer speel ook saam.
Die skouterrein is gepak en mense stroom steeds in.
Daar is hierdie jaar meer aktiwiteite en meer uitstallings en vermaak vir oud en jonk.
Die program in die vermaaktent skop om 17:00 af. Kunstenaars op die verhoog sluit in Donkiekar Boereorkes, die Cambells en Kurt Darren.
Toegang by die skouterrein kos R60 vir volwassenes en R20 vir kinders.
Kyk 'n video hieronder.
Thousand Sensations se stalletjie word beman deur Mervelene Munro en Berodine Lottering wat craftbiere aan skougangers bekendstel.
Jong perderuiters in hul 'landboukostuums'.
Die skou is groot pret vir kinders ook.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'