'n Rekordgetal skougangers het Saterdag op die skou toegesak. Die skouterrein het letterlik 'uit sy nate gebars' - met kosstalletjies wat uitverkoop was, parkering wat byna te min was en 'n groot verskeidenheid van aantreklikhede wat almal gelukkig gehou het.
Die sukses van vanjaar se skou word toegeskryf aan beter bemarking, goeie weer op Saterdag, en die groot verskeidenheid wat ietsie vir almal gebied het.
So vertel die koördineer, Susan Willemse. Die skoupresident, Gert Pretorius,was dit eens en het Maandag sy tevredenheid uitgespreek oor die hoë gehalte van skoudiere wat soos gewoonlik gesorg het vir 'n topskou. "Ons is baie trots dat die skou so goed groei en volhoubaar bly. Ons is veral dankbaar dat die borge soos Santam Landbou hulle verteenwoordigers van heinde en ver gestuur het om bystand te verleen die afgelope naweek."
Afgesien van die aanskoulike rampbestuurvoertuie en die Working for Water helikopter wat sy verskyning gemaak het, het die Ovaalbaanwedrenne bygedra tot die suksesvolle afsluiting van die skou.
'n Verdere hoogtepunt was die optrede van kunstenaars soos Jay, Michael Lindt, Desmond Wells, Nadia Louw, Koos van der Merwe en Wynand Burger.
Klik hier vir fotogalery.

Lede van Outeniqua-kwiltersvereniging is, Annette Marx, Vivienne Holtgzhausen, Sanette Smuts en Elize Kemp is bekend in die distrik vir hulle lieflike naaldwerk. Op Saterdag kon skougangers hulle verlustig in die pragwerk op uitstalling.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'