Die kudde-evaluering was deur Corné Nel beoordeel van BKB Beaufort-Wes. Pieter Aucamp en Hennie Senekal van BKB Mosselbaai/ Riversdal area het gehelp met die reëlings. Lara van der Walt van BKB Skeerdiens Oudtshoorn het die dag met 'n skeerdemonstrasie afgesluit.
*Die resultate was as volg:
Algehele wenner: André de Jager van Swartklip, Albertinia; Beste wol: André de Jager van Swartklip, Albertinia, Beste Bouvorm: Gus du Toit van Grootfontein, Herold, Beste Vordering: Gus du Toit van Grootfontein, Herold, Beste Ooi: Nico Bester van Louvain Plase, Herold.
Voor van links is Hennie Senekal, BKB Lewende Hawe van Mosselbaai/ Riversdal area en Corné Nel, BKB Skaap-en Wolbeampte van Beaufort–Wes area is die vashouer. Agter van links is Pieter Aucamp, BKB Skaap-en Wolbeampte van Mosselbaai/ Riversdal area; die algehele wenner André de Jager van Swartklip, Albertinia en Werner Olivier, Woltegnikus van BKB hoofkantoor te Port Elizabeth.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete | Klein-Karoo nuus'