Die bulle is 'n kruising tussen 'n Chianina bul en 'n Frieskoei.
Thys Benson het die strooitjies bekom en Ryno Stander het twee van sy Frieskoeie met die KI-saad geïnsemineer.
Die Chianina kom oorspronklik van Italië af en is bekend vir sy groot karkasse en gewig, 'n baie goeie vleisras wat oor die algemeen wit van kleur is.
Beide die bulle het oor die 1 000 kilogram geweeg en is maar net oor die twee jaar oud. Die een bul het 1 070kg geweeg en is vir R19 200 verkoop. Die ander een het die skaal op 1 135kg getrek en is vir R23 000 verkoop.

Van links is Thys Benson (verkoper) by die kopers, WT Kleinhans van Albertinia en Anton Swart van JC Slaghuis.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'