Dié publikasies is oor 'n wye reeks van onderwerpe, van handleidings oor hanteringsgeriewe vir skape, 'n kleinskaalse melkstal, varkbehuising, skadunette, die verwerking van groente en ander produkte, die produksie van houtskool, beton op die plaas, riglyne vir rondebaal-kuilvoer, verwarmingstelsels vir sonkrag en talle ander praktiese boerderyverwante onderwerpe.
Dit is die moeite werd om dié lys van publikasies te bekyk en 'n afdruk te maak en byderhand te hou vir gebruik vorentoe. Gaan na die LNR se webblad by http://www.arc.agric.za/home vir 'n lys van die boeke. Klik op Publikasies en op die subhoof, "Boeke".
Die boekies se pryse wissel tussen R20 en R200. Vir navrae, kontak 012 842 4000 of stuur 'n faks na 012 842 4176.
Lys van nuttige landboupublikasies:
- Handleiding oor varkbehuising (Afr./Eng.)
- Ekstensiewe varkbehuising (Afr./Eng.)
- Afkoel van melkbeeste in Suid-Afrika
- Mishanteringshandleiding vir intensiewe diereproduksie-eenhede in SA
- Handleiding oor vleisbeesfasiliteite (Afr./Eng.)
- Handleiding oor melkbeesfasiliteite (Afr./Eng.)
- Handleiding oor skaapfasiliteite (Afr./Eng.)
- Kleinskaalse braaikuikenbehuising (Afr./Eng.)
- Verhitting van braaikuikens en braaikuikenhuise (Afr./Eng.)
- Small-scale poultry housing in South Africa
- Strukture en toerusting vir die opberging en hantering van graan op die plaas (Afr./Eng.)
- Lae-koste melkverkoeling
- Kleinskaalse melkstal (Afr./Eng.)
- Landboustrukture en fasiliteite databasis (verskaffers van vee/landbou toerusting) (Afr./Eng.)
- Norme vir moderne wildhanteringsfasiliteite (Afr./Eng.)
- Lae-koste skadunetstruktuur (Afr./Eng.)
- Ontwikkeling van 'n outomatiese afrolskadunet vir glashuiskompartement (Afr./Eng.)
- Kompostering en komposteringstelsels (Afr./Eng.)
- Houtskoolproduksie in verkolingsoonde (Afr./Eng.)
- Oil processing in South Africa
- Oil seed processing using the ram press
- The extraction of essential oils from herbaceous materials by steam distillation Processing of Citrus Fruit (Grapefruit, lemons, oranges)
- Processing of Dairy (Butter, cream, buttermilk, cheese, yogurt, milk and milk powder)
- Processing of Meat Products (Russians, tongue, hamburger patties, polony, frankfurters, bacon, ham, sausages).