Die gewilde Matthys Roets was die gasspereker.
Hy het vertel van sy lewe en verwagtinge voor sy motorfietsongeluk vier jaar gelede wat hom verlam in die onderlyf gelaat het. Hy het ook sy herstelproses gedeel en daarna afgesluit met videobeelde van die ongelooflike dinge wat hy op s rolstoel doen.
Hy het onder andere geleer om met 'n spesiaal-aangepaste stoel in die Alpe te ski, ry met sy stoel oor klipperige paaie en selfs in die woestyn teen duine af. Tussendeur het hy van sy bekende en ook nuwe liedjies gesing.
Die Heroldfees wat spog met 'n vol program het gister amptelik begin en eindig môremiddag.
Van die gaste by vanjaar se opening.

Foto's deur Tisha Steyn en Jo-Marie de Kock.
'Ons bring jou die nuutste Klein-Karoo | Tuinroete nuus'