As die droogte binnekort gebreek word met 'n normale seisoen verder, sal:
- die aanbod van slagskape daal as gevolg van kuddebou;
- oor die medium/langer termyn gaan vleispryse ook styg al het dit gereën aangesien boere gaan kuddes bou na die droogte. Dit skep ‘n skaarste aan die aanbodkant;
- die aanbod van speenkalwers daal as gevolg van kuddebou;
- die slagting van voerkraalbeeste stabiel bly vir die volgende paar maande aangesien die staankapasiteit in die voerkraalbedryf tans die hoogste ooit is met 560 000 eenhede;
- die aanbod van C-graad bees (fabrieksvleis) daal as gevolg van kuddevou, uitgesluit melkkoeie waarvan die slaggetalle slegs verder sal daal as die melkprys wesentlik styg;
- speenkalfpryse hoër neig, maar die hoë mielieprys sal uitermatige hoë spronge demp. Bees- en skaapvleis pryse sal bokant inflasie styg; en
- lam en kalfpersentasies sal laer wees omdat vroulike diere in n swak kondisie is wat ook aanbod sal verlaag
- meer jong vroulike diere (vervangingsverse) ook op die kort termyn in die voerkrale opeindig en moontlik geslag word wat op die langtermyn die kalfpersentasie en dus aanbod en prys van speenkalwers kan beïnvloed.
- sal verdere noodslagtings op die kort termyn plaasvind, maar die aanbod sal nie drasties verhoog nie aangesien kuddes reeds uitgedun is;
- Produsentepryse op die kort termyn effens laer wees;
- aanbod oor die langtermyn ernstig onder druk wees met pryse wat bo inflasie sal styg;
- die verbruikersprys van rooivleis styg as gevolg van duurder graan- en voerpryse en die impak van verlaagde aanbod van slagbare vee, vanaf plase;
- meer jong vroulike diere (vervangingsverse) ook in die voerkrale eindig en moontlik geslag word. Dit sal op die langtermyn daartoe lei dat die kalfpersentasie en dus aanbod en prys van speenkalwers beïnvloed word; en
- graan- en voerpryse asook insetkostes drasties styg.