HAARLEM NUUS - Die instandhoudingspan is tans besig by die Haarlem-reservoir om 'n bruinwaterprobleem aan te spreek wat oornag ontstaan het.
Volgens ons Siviele Ingenieursdienste word die stelsel vanoggend gespoel. Verbruikers mag deur die loop van die dag laer waterdruk ondervind.
Die Siviele Ingenieursdienste beveel aan dat inwoners vandag liewer nie die bruin water vir drinkdoeleindes gebruik nie, hoewel dit veilig is vir ander gebruike.
Verbruikers in Haarlem (met uitsluiting van Proteaville) mag bruin water in die stelsel opmerk.
’n Watertrok is ontplooi om drinkwater aan die geaffekteerde gebied te voorsien. Sodra die probleem opgelos is, sal die waternetwerk gespoel word om van die bruin water ontslae te raak.
Ons versoek verbruikers om water spaarsamig te gebruik en vra om verskoning vir enige ongerief terwyl ons die probleem oplos.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’