Servaas de Kock, George:
Ek wil graag 'n groot kompliment aan die elektriese afdeling van die George-munisipaliteit gee.
Gedurende die afgelope twee weke was daar twee insidente waar 'n kontrakteur 'n kabel beskadig het, wat 'n onderbreking in die kragtoevoer na ons pakstoor veroorsaak het.
Die kommunikasie vanaf die George-munisipaliteit, spesifiek deur Louise, was blitsvinnig.
Sy het uit haar pad gegaan om akkurate inligting deur te gee sodat ons die nodige beplanning kon doen en die herstelwerk is, soos wat belowe is, uitgevoer. Baie dankie.
Dit was werklik verblydend om te sien.