GEORGE NUUS - Die gebruiklike maandelikse verkoping by JJ Watson Tehuis vir Bejaardes vind plaas van 12:00 tot 14:00 op Dinsdag 16 April.
Hierdie is 'n uitverkoping van die Blikkies Mall se voorraad om plek te maak vir nuwe voorraad.
Alle items word vir slegs R10 per item verkoop.
Daar is 'n groot verskeidenheid mans- en vroueklere, glase, ornamente en ietsie van alles.
Tweedehandse boeke sal te koop wees teen R10 vir twee. Almal wat honger is, kan ook heerlike sop en toebroodjies koop.
Huis JJ Watson is geleë op die hoek van Cradock- en Fitchatstraat, regoor die George-Suid NG kerk en JJ Watson-slaghuis.
"Die publiek se ondersteuning van hierdie fondsinsamelingsprojek word opreg waardeer," sê Laetitia Dysel, een van die organiseerders.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’