En natuurlik kom ‘n Nederlander hier by ons aan wal baie makliker weg met ‘n gekruide woordjie of twee, hoewel dit duidelik gesê moet word dat Bos in geen stadium vulgêr of banaal was nie - inteendeel, as ‘n mens met soveel panache na ‘n Suidoostertjie van menslike oorsprong kan verwys, verdien hy die bewondering van sy gevolg.
Die gehoor het spontaan meegeleef en uitroepe soos "Vrystaat!" is met groot opgewondenheid en humor ontvang.
Bos het in opdrag van ‘n Nederlandse uitsaaistasie 12 liedjies geskryf rondom die personas van 12 Bybelfigure. Dit is beskikbaar op sy CD, In ‘n ander licht en besing die karakters uit ‘n gans ander hoek as wat hulle tradisioneel gesien word.
Die sanger was bewus van ‘n groot aanhanger, ds. Francois Mulder in die gehoor en het lekker met hom geskerts oor sy interpretasie van die Bybel voordat hy sy Lea- en Rut-liedjies gesing het. Die twee het lank gesels na afloop van die konsert. Of die Nederlander Sondag ‘n draai in Blanco se kerk gaan maak het, is nie duidelik nie.
Die moontlikheid is egter nie uitgesluit nie, want hy en sy gesin hou tans vakansie by Buffelsbaai.
(Bos is getroud met die kunstenaar Varenka Paschke en woon saam met haar en hul sewe maande oue babaseun in Kaapstad. Varenka is ‘n kleindogter van oudpresident PW Botha.)
Nog foto's hier: www.georgeherald.com/gallery.aspx
.jpg)
LD en René Griesel van Mosselbaai en Greg en Anndri Garrett van Groot-Brakrivier is groot aanhangers van Stef Bos en het die konsert - en Kalahari se befaamde pizza - baie geniet. In die agtergrond (middel) is Francois en Karina Mulder.
Artikel en foto's: Mandi Botha