Gallery
GEORGE NUUS - 'n Uitstalling van tekstielkuns by die George-museum laat 'n mens verwonderd staan oor wat met vesel, lap, papier, gare, krale en kleur vermag kan word.
Die Tekstielkunsgroep - Suid (Tags - Textile Art Group South) het die werk van 28 kunstenaars en groepe vanoor die land hier bymekaargesit vir uitstalling.
Van die werke lewer sosiale kommentaar, ander is net 'n viering van vorm, kleur, tekstuur en die Skepping.
Kykers word aangemoedig om 'n draai te maak as jy nog nooit so 'n uitstalling bygewoon het nie.
Talle plaaslike kunstenaars se werke is te sien. Die uitstalling duur tot 6 November en kan besoek word tussen 09:00 en 16:00 van Maandag tot Vrydag en op Saterdae van 10:00 tot 12:00.
Bel Coleen by 082 507 9955 vir meer inligting.
FOTOGALERY: Uitstalling van tekstielkuns
'n Stukkie uit 'n groot werk deur die Arty Farty-groep se 'Migration'.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’