Die tema wat hulle moes uitbeeld, was ’Higiëne’. Hulle het gekwalifiseer vir die provinsiale uitdunne en gaan nou op nasionale vlak deelneem.
Die departement van waterwese bied sedert 2002 elke jaar ’n nasionale kompetisie vir gr. 6-leerders aan.
Die leerders van Heidedal Primêre Skool gaan eersdaags die Wes-Kaap in die drama-afdeling verteenwoordig. Hulle dramastuk is getiteld, Dawn of germs.
Mnre. C. Carolus en C. Carelse is hard besig om hulle leerders vir die groot kompetisie voor te berei.
Die leerders moes ’n drama skryf waarin die besparing van water en goeie higiëne aangemoedig word.
Hibernia Primêr het in die poësie-afdeling met hul gedig Drops from heaven gewen. Hulle Me. M. Meyer en B. Pedro is tans besig om die leerders af te rond vir die nasionale kompetisie.
Hibernia Primêr het ook verlede jaar die Wes-Kaap verteenwoordig, nadat hulle in die plakaat- en poësie-afdeling gewen het.
Dié ywerige leerders vertrek op 25 Junie na Johannesburg vir die nasionale kragmeting.
Heidedal se entoesiastiese akteurs wys hulle slag op die verhoog.