GEORGE NUUS - Die inwoners van Tuiniqua het te midde van groot opgewondenheid op 1 September behoorlik lentedag gevier.
Buiten 'n heerlike ete was die groot opwinding dat elkeen 'n hoed moes dra en daar is daar pryse uitgeloof vir die beste en oorspronklikste hoed.
Die inwoners het die geleentheid met entoesiasme aangegryp en behoorlik uitgehang met hul hooftooisels. Die meeste hoede is spesiaal self gemaak en aan kreatiwiteit het dit nie ontbreek nie.
Die hoofmotief, sonder dat dit vooraf so gereël is, was natuurlik blomme.
Die regte atmosfeer is vooraf geskep toe die kinders van die Klouterwoud-kleuterskool die inwoners kom verras het met sang en 'n bossie blomme vir elkeen.
Die beoordelaars, van Niqua Sekuriteit, het omtrent gesweet om wenners te bepaal uit al die pogings, maar uiteindelik het Eddie en Susara Durrant welverdiend met die eerste prys weggestap.
Hierdie eerste 'hoededag' was so 'n groot sukses dat dit beslis gekom het om te bly.
Isabel Terblanche met haar hekellappieskepping het derde prys gewen.
Eddie en Susara Durrant, wenners van die eerste prys, saam met Anne-Marie van Wyk van Niqua Sekuriteit, beoordelaar.
Sarie Lessing het ook 'n derde prys ingepalm met haar helder sonneblomhooftooisel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'