Studente van Mariëtte Hankey se Training Studio Fashion Design skool in George het ook pragontwerpe in rekordtyd geskep en vertoon.
Plastiek, koerantpapier, blikke, rekenaaronderdele, potskuurders, koeldrankdoppies, lekkergoedpapiertjies en selfs skuifspelde is gebruik en soos gewoonlik was daar verbaasde uitroepe toe die laerskoolkinders hul verskyning in fraai kostuums maak. Die tema van die verhaal van Magriki Plastiki het 'n treffende boodskap uitgedra - hoe die mensdom moet besin oor huishoudelike afval om te voorkom dat ons planeet nie daardeur verswelg word nie.
Daar was ook dawerende applous vir die puik modevertoning en die leerders het na weke se oefen 'n gladde vertoning in hoë hakke gelewer! Die prysuitdeling is Saterdag gehou en resultate sal volgende week vir die nasionale Libere-stigting Ontwerp vir Werk-kompetisie bekend gemaak word. Die projek van die Libere-stigting verskaf werk aan 30 mense in die George-omgewing en die mense word deur Pretorius geleer om artikels uit herwinbare materiaal te skep.
Dit was moeilik om te kies tussen die pragtige skeppings.Elna Pretorius (links voor) het opgetree as koördineerder van die Wear Art 2012. Van links is Lourens de Wet, Landi Wentzel, Lara van der Watt, Jiane Cronje en Leoni Selzer. Foto’s: Pauline LourensMariette Hankey (voor links) eienaar/mode-ontwerper van die Training Studio Fashion Design se studente het aan Wear Art 2012 deelgeneem met hulle eie skeppings. Agter van links is Carla Felix, Juanét Steyn, Talana Burger, Jennifer Schroeter, Kari de Villiers.'n Tikseltjie Afrika!

Elna Pretorius (links voor) het opgetree as koördineerder van die Wear Art 2012. Van links is Lourens de Wet, Landi Wentzel, Lara van der Watt, Jiane Cronje en Leoni Selzer.
ARTIKEL EN FOTO'S: PAULINE LOURENS, GEORGE HERALD-JOERNALIS