GEORGE NUUS - Na sy konsert in die NG Moederkerk saam met Lynn Rudolph op 27 Oktober, span Throy Petersen 'n week later kragte saam met Cornèl Engelbrecht vir nog 'n puik aanbieding.
Cornèl het in 2020 sy BMus-graad cum laude behaal na onderrig deur prof. Nina Schumann. Benewens sy klaviervaardigheid is hy ook 'n uitstekende tjellis wat sy Unisa gr. 8 tjello-eksamen met 90% geslaag het.
Hy ontvang tans onderrig in jazz en improvisasie by die Kaapstad-gebaseerde jazz-musikante Melissa van der Spuy en Ramon Alexander. Hy is ook 'n aktiewe komponis en verwerker.
Hoewel hy die musiekdirekteur by die Kruiskerk in Stellenbosch is, is hy ook besig met sy meestersgraaad in klavieruitvoering en komposisie.
Cornèl en Throy beoog om die Bramhs tjello sonate in E mineur te speel, asook Morceaux vir 4 hande deur Rachmaninoff.
Die Woensdag-middaguurkonsert op 3 November word tussen 13:00 en 14:00 in die NG Moederkerk, George, aangebied.
Toegang is gratis, maar donasies is welkom. Maskers is verpligtend.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'