Die drie het vir die jaarlikse landwye skryfkompetisie van die Bloemfonteinse skrywersvereniging ingeskryf en hulle goed van hul taak gekwyt.
Hannes Visser van Oudtshoorn het die eerste prys ontvang vir sy kortverhaal in die ope-afdeling vir ongepubliseerde skrywers en ook tweede prys vir sy gedig in die ope poësie-afdeling.
JP Kruger van George het die tweede prys ontvang vir sy kortverhaal in die ope-afdeling vir ongepubliseerde skrywers.
Bernedette Botha, 'n gr. 8-leerder van Hoërskool Outeniqua het die eerste prys ontvang in die skole se junior-afdeling vir prosa.
Die prysoorhandiging is Saterdag in Bloemfontein gedoen tydens 'n slypskool vir ontluikende skrywers wat deur die bekende rolprentresensent prof. Leon van Nierop aangebied is. Meer as 80 mense van oor die land het die slypskool bygewoon.
Die werke van al die pryswenners is saamgevat in die BSV se bundel Inkvars 2013. Die bundel kan by die Bloemfonteinse skrywersvereniging bestel word by Lelani Fourie by 073 388 3377.
.jpg)
Van die pryswenners en aanbieders tydens Saterdag se slypskool in Bloemfontein. Voor, van links: Louwrien Leeuwner,Hoër Landbouskool, Jacobsdal (Eervol vermeld – Skole-poësie), Joos Heunis (BSV-beurshouer 2013), prof. Leon van Nierop, dr. Manie Wolvaardt (Prosa-beoordelaar), mev. Ode Krige, Stellenbosch (eerstepryswenner van die ope-afdeling: poësie) en Bernedette Botha van Hoërskool Outeniqua (eerstepryswenner van die skole, junior, prosa-afdeling). Agter, van links: Corlietha Swart (voorsitter van die BSV en dosent by die UV), JP Kruger van George (tweedepryswenner van die prosa-afdeling vir ongepubliseerdes), Anita Jonker Hoërskool Durbanville, (tweedepryswenner van die skole:poësie-afdeling), Anje Venter Eunice Hoërskool, Bloemfontein, (eerstepryswenner van die skole: poësie-afdeling) en Hannes Visser van Oudtshoorn, (eerstepryswenner van prosa vir ongepubliseerdes en tweedepryswenner van die ope-afdeling: poësie). Foto: Gert Coetzee, Volksblad
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete | Klein-Karoo nuus'