GEORGE VERMAAKNUUS - Die kleurvolle karakter van die musiek van West Side Story gaan op 11 November om 13:10 in die Moederkerk verder opgekikker word deur die klankkombinasies van klavier en orrel uit die verwerkerspen van Dalene Brits.
Op die program is ook boeiende weergawes van vreugde- en dankgesange, en werke van Shostakovich en ‘Negro Spirituals’.
Die vernuftige samevlegting van melodieë in hierdie verwerkings gekombineer met die orrelspel van Gerrit Jordaan en die klavierspel van Dalene Brits, maak dit 'n fees om na uit te sien.
Geen toegangsfooi word gevra nie, maar donasies is welkom. Maskers is verpligtend.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'