Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - George Voorbereidingskool was gisteraand (Dinsdag 22 Mei) die gasheer van die 2018 Musiek Montage wat in die George Burgersentrum gehou is.
Dit is waar al die beste laerskoolkore die geleentheid gekry het om hul sangtalent ten toon te stel.
Die tema van hierdie jaar se Musiek Montage was “Musiek maak die wêreld kleurvol”.
Baie harde werk en oefen het ingegaan om die volgepakte burgersentrum in ongeloof te laat luister na die suiwer pragklanke en samesang wat die kore opgedis het.
Na die verwelkoming deur Me. Lokkie Fourie is die verrigtinge afgeskop deur die Suid-Kaap Kinderkoor. Hulle is gevolg deur Laerskool George-Suid Juniorkoor, Holy Cross Junior Choir en George Voorbereidingskoolkoor.
Die hoof van George Voorbereidingskool, Mnr. AD Roux, het die amptelike bedankings gedoen waarna die eerste helfte afgesluit is deur samesang van al die bogenoemde kore.
Die tweede helfte was afgeskop deur die Holy Cross Primary School Vocal Ensamble.
Daarna het Laerskool Outeniqua se Juniorkoor, Laerskool George-Suid se Seniorkoor, Outeniqua Primary Vocal Ensamble, Holy Cross Primary Senior Chior en Laerskool Outeniqua Skoolkoor hul talente ten toon gestel. Die aand se verrigtinge is met luide applous afgesluit deur die Senior Massakoor, wat ‘n ABBA-medely gesing het.
Kyk 'n video hieronder.
Die eerste helfte van die Musiek Montage is afgesluit deur 'n Massa Kinderkoor wat saamgestel is uit al die junior-kore wat die aan gesing het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'