GEORGE NEWS - Vir die 20-plus deelnemers van Sing vir die Heer ‘n nuwe lied is hierdie tema ‘n wonderlike werklikheid.
Die pragtige koorsang, trio’s, duette en solo’s waaruit die program saamgestel is, vorm ‘n eenheid van lofprysing wat tot almal se harte sal spreek.
Hierdie fees van gewyde musiek sluit onder meer ‘n paar werke van die bekende Suid-Afrikaanse komponis Chris Lamprecht in, asook komposisies en spirituele liedere wat oor ‘n paar eeue strek.
Die soliste wat optree is Heinrich Jonck, Eli-sabeth Potgieter, Karen Temmingh, Lida de Villiers en Jan-Erik Swart wat ook die koor dirigeer. Deline Brits neem die begeleiding waar.
Die konsert is ten bate van die Martin Luther Gemeente in Pacaltsdorp wat die fondse vir hul kerkbou-poging sal aanwend.
Dit begin om 17:00 op Sondag 30 Mei in die George Tuinedal NG Kerkgebou (h/v Kasteel- en Palgrave-straat).
Kaartjies is ver-krygbaar teen R60, R50 en R40 by Sunnive (072 038 0995) of by Elisabeth (083 627 9105).