GEORGE NUUS - Schalk Bezuidenhout, die krulkopkomediant met sy kenmerkende truitjies en skerp tong, is môre, Vrydag 18 Mei in die George-kunsteteater op die verhoog.
Dit is sy eerste optrede in George en bring sy Afrikaanse eenmanvertoning, Voksbesit hierheen.
Sedert hierdie boorling van Kempton Park in 2015 (en weer 2017) in Trevor Noah se voorprogram opgetree het en 'n solovertoning op Comedy Central uitgesaai is, het hy vinnig 'n huishoudelike naam geraak. Hy het ook reeds twee Comics Choice-toekennings en 'n gesogte Safta ingepalm.
Bezuidenhout is deesdae 'n bekende gesig op televisie, veral in die rol van die Danny in die kykNET-reeks Hotel en as anker van die satiriese nuusprogram Die Ware Naarheid met Schalk Bezuidenhout, ook op kykNET.
Bezuidenhout het reeds landwyd met Voksbesit getoer en verlede jaar by die Woordfees, KKNK, Vrystaat Kunstefees, Innibos en Aardklop vir duisende feesgangers met hierdie vertoning laat skaterlag. Hy het ook in Oktober verlede jaar 'n DVD van Voksbesit opgeneem by Evita se Perron in Darling.
Teatergangers kan uitsien na Bezuidenhout op sy beste, met vlymskerp waarnemings en sosiale kommentaar oor die lewe en die land waarin ons leef. Voksbesit sal baie reaksies by jou uitlok, waarvan lag sommer lag-lag die grootste is.
Oudersdomsbeperking: Geen o.14.
Kaartjies: R100 per persoon by Compu-ticket. Die vertoning begin om 20:00.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'