GEORGE NUUS - In die etensuurkonsert wat op 10 November om 13:10 in die NG Moederkerk in George gehou word, sal musiekliefhebbers kan luister na die sopraan Alma Oosthuizen, op die klavier begelei deur Gerrit Jordaan.
Oosthuizen is al jare lank 'n inwoner van George, en bekend vir haar sensitiewe, meelewende en kragtige vertolkings. Liedere van Brell, Sondheim en Lloyd-Webber (jazz en musicals) is by die program ingesluit, en sal by baie luisteraars aanklank vind.
Gerrit Jordaan is die puik en ondernemende orrelis en musiekleier van die Moederkerk, wat ook vier jaar gelede die inisiatief geneem het met die hervatting van etensuurkonserte wat heelwat jare vantevore ook in die Moederkerk aangebied is.
Die konsert duur veertig tot vyftig minute en toegang is gratis. Donasies sal waardeer word. Covid-protokol word gevolg.
Alma Oosthuizen
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'