Derduisende besoekers het op Oudtshoorn toegesak om die 19e KKNK by te woon. Verskeie produksies, soos Dorothy-60, verSKRIKLIKsnaaks en Ben Babsie en Familie het vol sale getrek.
Alhoewel drie buitelug produksies as gevolg van reën nie Sondagaand kon plaasvind nie, was die Rivierbuurt waar verskeie verhoë en stalletjies is, stampvol. Volgens sommige stalletjiehouers was hulle die Paasnaweek baie besig.
'n Woordvoerder van die KKNK het gesê hulle is tevrede met die kaartjieverkope en die aantal besoekers, maar dat syfers eers na afloop van die fees beskikbaar sal wees. Die fees duur nog tot Saterdag 6 April met 'n propvol program.
Sien nog foto's hier.
Dansers en rymkletsers het die naweek in Baron van Reedestraat opgetree.