Gallery
GEORGE NUUS - Esté en Lourens Rabe, oftewel Raaf, van die herbenoemde musiekgroep wat vroeër as The Bottomless Coffee Band bekendgestaan het, het verlede Donderdagaand, 20 Julie, 'n bykans vol gehoor by die George-kunsteteater vermaak.
Die egpaar het gesorg vir 'n regte Afrikaanse ruk-en-rol vertoning, met 'n goeie sweempie folk-musiek. Raaf toer tans deur die land met hul Prediker-toer, die naam van hul eerste album onder hul nuwe naam.
"Ons het getrou, ons het groot geword," het Lourens Rabe tydens 'n onderhoud vertel. "Ons betree 'n nuwe era in ons lewens en daarmee saam die naamsverandering en 'n nuwe fokus op ons musiek."
Raaf is die Afrikaanse vertaling van hul Duitse van, Rabe.
Die musiekpaar se energie was tasbaar op die verhoog en aanhangers kan getuig van 'n ongelooflike afgeronde, hoogs vermaaklike vertoning.
Die liedjies is funky, maar diep. Dit laat jou dink oor die lewe, oor verhoudings, en wat werklik belangrik is.
Tog raak die atmosfeer nie te donker nie, en word die gehoor op 'n meelewende manier saamgetrek deur 'n reis wat motiveer en opbeur.
FOTOGALERY: Raaf vul George-kunsteteater met woorde en musiek
Raaf in aksie op die verhoog by die George-kunsteteater.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’