Video
GEORGE VERMAAKNUUS EN VIDEO - Die kabaretster, Petronel Baard, het die afgelope naweek haar nuwe musiekvideo, Die Heelal Draai, bekendgestel.
Baard het ook nou haar webtuiste meer toegangsvriendelik gemaak sodat sy haar vertonings kan deel. Hier deel sy ook haar albums van 21 jaar weer aanlyn.
Sy is ook geraak deur die kansellering van die KKNK, maar laat nie toe dat dit haar onderkry nie.
Haar kabaretvertoning, Musiek van die Lang Vrou: Die Heelal Draai, sou sy vanjaar by die KKNK opvoer.
“Met hierdie vertoning sou ek my buiging gemaak het, 20 jaar na my eerste solovertoning by die fees. Met die inperking is daar meer uitdagings, vertel sy, omdat haar span nie by haar kan uitkom nie. Ek neem video’s op en stel dit dan beskikbaar. Ons skep maar “events” en nooi mense om te kom kyk!”
Intussen is die 40 minute uitsending vanaf haar stoep in Reebok steeds te sien op haar blad en kan mense enige tyd gaan kyk en geniet.
Kyk die musiekvideo hieronder.
Sy werk ook tans aan ’n nuwe projek, Seek the light, saam met Crystal Blaq Entertainment. Dit sal op Werkersdag vrygestel word.
“Die liedjie gaan oor armoede en klasseverdeling. Dit spog met ’n huis-/ transmusiekstyl wat iets heeltemal anders is as waaraan ek gewoond is. Gavin Jay is egter ’n uitstekende kletsrymer en die manier waarop ons stemme mekaar aanvul, maak die eindresultaat baie interessant,” vertel Baard.
Aanhangers kan saam met haar op Facebook kuier om meer uit te vind oor waarmee sy besig is en vir inligting oor konserte en besprekings.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'