GEORGE VERMAAK NUUS - Die Lang Vrou was besig oor die afgelope maande. In Julie het sy by die Mosselbaai se Soul Festival opgetree en ‘n pragtige DVD oor Mosselbaai gemaak.
Artikels oor Baard het verskyn in glanstydskrifte soos De Kat en in Rooi Rose. Haar soel diva-klanke kan tussen twaalf en drie hierdie Sondag gehoor word by Mujos Restaurant in Knysnaweg, George.
“Ek kom stel my klaviertjie op vir sagte, gunsteling liedjies van Bette Midler, Shirley Bassey en my eie musiek, wat nuwe komposisies insluit,” sê Baard. Die tema van die optrede is “Lentelafenis Klavierplesier”.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'