GEORGE NUUS - 'n Baie besonderse Paasprogram word op Woensdag 5 April as deel van die etensuurkonsertreeks in die Moederkerk aangebied.
Die Musica Amici-koor onder leiding van Dalene Brits sing Die Passie van ons Heer, 'n siklus van gedigte van WEG Louw met sensitiewe kundigheid getoonset deur Dalene Brits om 'n aangrypende geheel te vorm.
Die Passie sluit liedere in soos Avondmaal, Verraad, Getsémané, Golgota, Kruisiging en Opstanding.
Liedere op die program wat nie deel van die siklus is nie, is onder andere Were you there, In Christ alone, Ave Verum Corpus en Hosianna vir die Seun Van Dawid. 'n Diep geestelike musiekervaring wag op die gehoor.
Die konsert begin om 13:10 en duur tot ongeveer 13:50.
Almal is welkom. Toegang is gratis maar donasies sal waardeer word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’