GEORGE NUUS - Ná die pragtige sang, klavier- en orrelklanke van die eerste drie konserte in die Moederkerk se lentereeks, is 'n instrumentele ensemble op 4 November op die spyskaart.
Die trio, bestaande uit Ingrid Robinson (viool), Kaléne Roux (fluit) en begeleier Dalene Brits (klavier), het in die verlede vir baie hartverblydende musiek gesorg.
Hulle is bekend vir die eenvormigheid en balans van hul samespel en die inlewing waarmee hulle die musiek aanbied. Hulle speel werke van onder andere Albinoni, Bach, Beeftink, Massenet en Monti - 'n ontspannende geleentheid om na uit te sien.
Die optrede begin om 13:10 op Woensdag 4 November in die Moederkerk.
Toegang is gratis, donasies is baie welkom en maskers is verpligtend.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'