Gaste het De Brakke Galery volgestaan en warm gekuier tydens die openingsgeselligheid waar nostalgiese skilderye en fotografie die tema duidelik uitgespel het. Uitroepe en versugtinge van herkenning was oral hoorbaar: hetsy oor skilder Mariëtte Maarschalk se weergawe van haar ouma se sepiafoto’s, of fotograaf Theunis Minnie se uitbeelding van ou, gehawende motors en tipiese plaastonele.
Die uitstalling - wat toeganklik is vir beide kunskenner en doodgewone sentimentalis - duur tot 1 Mei.
Navrae kan gerig word aan Heleen by 082 457 7897.
Artikel en foto's: Mandi Botha
.jpg)
Fotograaf Theunis Minnie (middel) se foto’s het gaste Anton Dellemijn en Nols de Bruin teruggeneem na toentertyd. Etlike van sy afdrukke is in groot formaat en baie indrukwekkend.