Sy uitstekende vertolking van grepe uit ‘n man se lewe in One Man’s Life het die gehoor vanaf die eerste vyf minute geboei en op ‘n emosionele tuimeltrein geneem. Die ligte dele in dié bekroonde eenmanstuk was skreeusnaaks en die swaarder tonele hart-verskeurend.
Met die kundigheid van jare se ondervinding, sy passie vir die spel en ’n besondere talentvolle benadering, het Eric ‘n baie sensitiewe onderwerp - die emosionele en seksuele ont-wikkeling van ‘n man - buitengewoon hanteer. Hierdie teaterstuk het vir Eric ‘n Fleur du Cap-nominasie bekom, wat hy deur en deur verdien.
Dit is net so jammer dat hier-die talent met net ‘n handjievol teatergangers verlede Vrydagaand gedeel is - dit was meer as ‘n vol saal werd!
Artikel: Michelle Pienaar
.jpg)
Bianca Bezuidenhout, Eugene Rautenbach, Ian Bosman (klank- en beligtingstegnikus: Arts Theatre), Eric Nobbs en Lucia en Patrick Rogers. Die Rogers-egpaar het al die pad van Oudtshoorn gery om Eric se optrede vir ‘n tweede keer te beleef. Hulle het One Man’s Life vir die eerste keer ses jaar gelede by die KKNK gesien, en dit weer net soveel geniet.