Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Shaun Botha, algemeen bekend as Musisean, se ondersteuners kan op Vrydag 8 Junie na 'n aand van kletsrym, sang en komiese pret by George-kunsteteater uitsien. Botha beloof dit sal 'n aand van pret wees.
"Dis 'n geleentheid wat die hele familie kan kom geniet. Daar is iets vir jonk en oud."
Ander optredes waarna die gehoor kan uitsien sluit Moses Williams, Bradley Brink, Aphiwe Nqevu, Bridney Singrew, Craig Adel8 en Lokomotive in.
Musisean, die meesterbrein agter die gewilde liedjie, Dis lekker by die see, is oorspronklik van Kinross in Mpumalanga en woon al 16 jaar in Pacaltsdorp.
"Van jongs af het ek van musiek en mooi lirieke gehou."
Botha sê lirieke moet begeerlik en lewendig klink.
Sodanige lirieke wat hy uit sy kinderdae onthou is, "Terwyl die vuur brand met 'n tjop in my hand, terwyl die kole gesels met mekaar," sing Botha saggies.
Kyk 'n video hieronder:
Musisean beskryf sy debuutoptrede in 2016 as die hoogtepunt van sy loopbaan as 'n kunstenaar.
Daarna is sy liedjies al op EDENfm uitgesaai en vanjaar sal sy vierde groot optrede wees.
Botha sê toe kuns hom kom vind teen die pad, het hy gewillig saamgeloop.
Musisean tree Vrydag 8 Junie by George-kunsteteater op. Foto: Brümilda Swartbooi.
Ander liedjies van Musisean sluit in, Free WiFi, My best friend's wedding en I made it. Volgens Botha sing hy oor moderne neigings.
Botha se motivering is, "Dit wat voorlê is dit waarvoor jy hard gewerk het."
Kaartjies vir Musisean se optrede binnekort by George-kunsteteater is slegs R100 en te koop by Musisean.
Besoek gerus sy Facebook-blad Musisean of kontak Botha by 061 335 4468 vir enige navrae of besprekings.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'