Veral hul vertolking van die moeilike verwerking van Nader my God by U het aangegryp. Baie treffend was hul slotliedjie, Apie, wat die gehoor lekker met die apestreke laat meeleef het.
Harde werk en toewyding het gesorg vir een aand van ware genot en goeie musiek. Oor die afgelope jare is die Musiek Montage beurtelings deur die Laerskole Outeniqua, George-Suid en Holy Cross gereël. Vanjaar is dit op Dinsdag 14 Mei in die George-burgersentrum gehou. Mev. Jane Askew, hoof van die aand se gasheerskool, Holy Cross, het eregaste en die gehoor van meer as eenduisend mense verwelkom.
Die temalied van Montage deur die junior massakoor het die program ingelui. Solis Lida de Villiers se ligte stem het mooi gepas by die kinderstemme wat hul boodskap van vrede en hoop verkondig het.
Die junior en senior kore van die drie genoemde skole, asook die George Voorbereiding Skool, het 'n pragtige verskeidenheid liedere voorgedra. Nou kan ons hoop dat die toewyding en harde werk sal tot gevolg hê dat die resultate waarlik volhoubaar sal wees, sodat George miskien uiteindelik ook oor honderde entoesiastiese, ervare volwasse koorlede sal beskik – tans 'n groot leemte in ons kultuursamelewing.
Musikante Stéfan Conradie (viool), Alma Holm (tjello) en Dolf Louw (baskitaar), speel hier saam met die senior massakoor by die Musiek Montage-konsert.
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'