GEORGE-NUUS - Die alombekende Musiek Montage-massakoorkonsert waarin 400 leerders van sewe skool- en streekskore van George optree, is vanjaar vir die eerste keer deur die Suid-Kaap Kinderkoor aangebied.
Die optrede, wat as fondsinsameling vir die Suid-Kaap Kinderkoor se oorsese toer volgende jaar dien, het tydens ’n glansgeleentheid verlede Dinsdagaand by die George Burgersentrum plaasgevind.
Gaste was dit eens dat vanjaar se optrede 'n ware skouspel was. Die gaskunstenaar Danie Niehaus het saam met die kore opgetree en liedere soos Dixie (Glory Hallelujah), Funiculi Funicula en Time to say goodbye vertolk.
Hy is bygestaan deur die Suid-Kaap Simfonieorkes, onder leiding van Jan-Erik Swart, wat ook begeleiding vir die massakoor verskaf het. Danie Nie-haus en Jan-Erik Swart het die gehoor verras met ‘n gesamentlike duet-uitvoering van Nella Fantasia.
Die televisiekanaal SABC2 het beeldmateriaal van die massakoor saam met Danie Niehaus en die simfonieorkes ver-lede Woensdagaand tydens die hoofnuus om 19:00 uitgesaai.
Ons was daar!
Die ses skoolkore wat tydens die Montage opgetree het, is Laerskool George-Suid Junior Koor met Reinette du Toit as dirigent en Irene Louw as begeleier; Laerskool George-Suid Senior Koor met Greta Benadé as dirigent en Irene Louw as begeleier; Holy Cross Junior Choir met Margriet Venter as dirigent en Gretchen Botha as begeleier; Holy Cross Senior Choir met Gretchen Botha as dirigent en Margriet Venter as begeleier; Laerskool Outeniqua met Amanda Hattingh as dirigent en Henta Essel as begeleier; en George Voorbereidingskool met Sarena Lamprecht as dirigent en Mari-anne Caie as begeleier.
Die Suid-Kaap Simfonieorkes is gedirigeer deur Niall Jack van Hoërskool George, tydens Beethoven se Egmont overture, In the hall of the mountain king en Phantom of the opera. Jan-Erik Swart het verder as dirigent vir die simfonieorkes opgetree.
Kliek hier om nog Musiek Montage-foto's te besigtig: http://www.georgeherald.com/gallery.aspx?gpid=53&gid=2
Jan-Erik Swart en Danie Niehaus in duet.