Meisies en mans tussen die ouderdomme van 16 en 24 kan inskryf vir Mej. en Mnr. George 2011. ‘n Mej. George Tiener-kompetisie word ook aangebied vir meisies tussen die ouderdomme van 12 en 15.
Groot pryse is op die spel. Mej. George sal outomaties kwalifiseer as semi-finalis vir die gesogte Mej. Diaz-kompetisie. Mej. George en Mej. George Tiener met hul prinsesse sal ook wegstap met aanloklike pryse soos modelkontrakte by Ace Models, spabederfies, geskenkbewyse en fotosessies.
Inskrywingsvorms kan bekom word by Ace Models in George (Joubert Plaza, Meadestraat) en Mosselbaai, of stuur ‘n e-pos vir Joani Johnson (info@acemodels.co.za) met jou kontakbesonderhede en ouderdom.
Die kompetisie se semi-finale sal plaasvind op Vrydag, 15 April by die George-stadsaal waarna 10 finaliste per kategorie aangewys sal word wat op 16 April om die kroon gaan meeding.
Die finaliste sal deel uitmaak van die parade deur die strate op 16 April waarna hulle sal meeding by PW Botha se skoolsaal om die wenners in elke kategorie aan te wys.
Deelnemers sal in hul eie dagdrag en semi-formele dagdrag en skemerkelkrokkie moet verskyn vir die kompetisie.
Vir meer inligting in verband met inskrywings, kontak Joani Johnson by 072 620 4127 of info@acemodels.co.za.
Die ouens kan ook hul staal kom wys in die Mnr. George-kompetisie. Valenzio Figeland (19) is een van die eerste inskrywings.