GEORGE NUUS - 'n Musiekkonsert met plaaslike kunstenaars word op Saterdag 27 Januarie by die George NG Moederkerk se saal aangebied om geld in te samel vir 'n kontrakteur van Bloemfontein, Josef Barnard, wat ernstige kopbeserings in 'n ongeluk op 'n plaas opgedoen het.
Die geld sal aangewend word vir sy mediese kostes.
Barnard het twee dae voor Kersdag ernstige kopbeserings opgedoen terwyl hy draad op 'n plaas in die Bloemfontein-omgewing gespan het.
Hy is in die Universitas-hospitaal in Bloemfontein opgeneem, maar later na die Pelonomi-hospitaal se intensiewesorgeenheid oorgeplaas.
Die konsert, wat deur 'n vriendin van die gesin, Susan Jacobsohn van George gereël word, vind plaas in die kerksaal. Kunstenaars op die program is Michael Lindt, Gaston, Herman, Tass en Hymer, Chris Henning, Anton Langenegger, Pietie Braaf, Ian Hall en Niki.
'n Miniveiling sal ook gehou word van tweedehandse artikels wat deur die publiek geskenk word.
Kontantskenkings kan ook gegee word. Stalletjies is beskikbaar vir belangstellendes.
Die konsert duur van 16:00 tot laat.
Kaartjies kos R50 en is beskikbaar by Susan by 073 150 6227.
Sy kan ook gekontak word in verband met stalletjies en skenkings vir die veiling.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'