Die uitstalling het `n eko-tema met die fokus op herwinbare materiale. Die Kuns- en Kunsvlytprojek is die inisiatief van die munisipaliteit se Plaaslike Ekonomiese Ontwikkelingskantoor (PEO) met die doel om plaaslike kunstenaars en mense met handvaardigheid binne die George-area te bemagtig.
Die projek het ontstaan met die doelwit om stokperdjies in volhoubare besighede te omskep.
Vanjaar se uitstalling gee weer aan die handvaardiges die geleentheid om hul ware ten toon te stel en van die hand te sit. Dit bied aan die uitstallers die geleentheid om kontak te maak met potensiële kliënte, wat bydra tot die volhoubaarheid van hul besighede.
Uitstallers kom uit verskeie velde soos visuele kuns (water- en olieverf), vervaardiging van juweliersware, krale-, hout-, metaal- en glaswerk, mosaïekkuns, pottebakkery en kunswerke uit herwinbare materiale.
Plaaslike nie-winsgewende organisasies soos Sikelela (projek van Kindersorg), Libere-stigting, George Craft Legacy, Options Care Centre en die Phambili hawe vir mishandelde vroue wat hulle toespits op die vervaardiging van produkte van herwinbare materiale sal ook by die geleentheid hulle werke ten toon stel.
Vir meer inligting, kontak Marlene Steinmann by 083 294 5873.

Mosaïekkuns deur Mosaic Matters George.